Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Herinner die mense om hulle aan die regeerders en gesagsinstansies te onderwerp. Hulle moet aan hulle gehoorsaam wees, altyd gereed om te doen wat goed is.

2. Hulle moet van niemand kwaadpraat nie en nie bakleierig wees nie. Hulle moet inskiklik wees en altyd saggeaard teenoor almal optree.

3. Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4. Toe het die goedheid van God ons Verlosseren sy liefde vir mense verskyn.

5. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen hetvir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe.

6. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het.

7. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop.

8. Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is.

9. Moet tog nie betrokke raak in dwase twisgesprekke en geslagsregisters of in twiste en struwelinge oor die wet nie, want dit is onproduktief en tevergeefs.

Lees volledige hoofstuk Titus 3