Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:3-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Groete vir Priscilla en Akwila. Hulle was my medewerkers in Christus Jesus se diens.

4. Wat meer is, hulle het hulle lewens vir my op die spel geplaas. Dis nie net ek wat hulle dankbaar bly nie, maar ook al die gemeentes onder die nie-Joodse nasies.

5. Groete ook aan die gemeente wat in hulle huis bymekaarkom. Groete vir my geliefde vriend Epenetus. Hy was die heel eerste persoon in die Romeinse provinsie Asië wat tot die Christelike geloof gekom het.

6. Groete vir Maria wat so hard in julle belang gewerk het.

7. Groete ook vir Andronikus en Junia, my mede-Jode, wat saam met my in die tronk was. Hulle is hoogaangeskrewe by die apostels, en was reeds voor my Christene.

8. Gee ook my groete aan Ampliatus, my geliefde Christenvriend.

9. Groete ook vir Urbanus, ons medewerker in diens van Christus en my geliefde vriend Stagis.

10. Groete aan Apelles, beproefde Christen wat hy is. Groete aan die lede van die huis van Aristobulus.

11. Groete ook vir Herodion, my mede-Jood. Groete aan die Christene uit die huis van Narsissus.

12. Groete aan Trifena en Trifosa, ywerige werkers vir die Here, en aan ons geliefde vriendin Persis wat so hard vir die Here gewerk het.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16