Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 7:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde teruggehou sodat geen wind op die land of op die see of teen enige boom waai nie.

2. Ek het ook ’n ander engel sien naderbeweeg van die kant waar die son opkom, terwyl hy ’n seël van die lewende God vashou. Hy het met ’n kragtige stem geroep na die vier engele wat toegelaat is om die land en see skade aan te doen, en

3. gesê: “Moenie skade doen aan die land of die see of die bome nie, totdat ons die diensknegte van God met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk het.”

4. Ek het toe gehoor wat die getal is van dié wat met ’n seël op hulle voorkoppe gemerk is: daar was 144 000 gemerktes, afkomstig uit al die stamme van Israel:

5. Uit die stam van Juda was daar 12 000 wat met die seël op hulle voorkoppe gemerk is; uit die stam Ruben 12 000; uit die stam Gad 12 000;

6. uit die stam Aser 12 000; uit die stam Naftali 12 000; uit die stam Manasse 12 000;

7. uit die stam Simeon 12 000; uit die stam Levi 12 000; uit die stam Issaskar 12 000;

8. uit die stam Sebulon 12 000; uit die stam Josef 12 000, en uit die stam Benjamin was daar 12 000 wat met ’n seël gemerk is.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 7