hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die Lam is waardig om die

boekrol se seëls oop te breek

1. Ek het toe in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ’n boekrol gesien, vol geskryf aan die binne- én die buitekant, en deur sewe seëls deeglik verseël.

2. Ek het ook ’n sterk engel gesien wat met ’n kragtige stem uitroep: “Wie is waardig genoeg om die boekrol oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”

3. Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boekrol oop te maak of daarin te kyk nie.

4. Ek het toe bitterlik gehuil omdat niemand gekry is wat waardig genoeg is om die boekrol oop te maak om daarin te kyk nie.

5. Toe sê een van die ouderlinge egter vir my: “Hou op huil! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die nakomeling van Dawid, het oorwin en kan die boekrol en sy sewe seëls oopmaak.”

6. Toe het ek tussen die troon en die vier lewende wesens en tussen die ouderlinge ’n Lam sien staan, soos Een wat geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad, dit is die sewe Geeste van God wat uitgestuur is oor die hele aarde.

7. Hy het toe vorentoe getree en die boekrol geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.

8. Net toe Hy die boekrol vat, het die vier lewende wesens en die 24 ouderlinge in aanbidding voor die Lam neergeval. Elkeen het ’n siter en ’n goue bak vol wierook vasgehou, dit is die gebede van die gelowiges.

9. Toe sing hulle ’n nuwe lied met dié woorde:“U is waardig genoegom die boekrol te neemen sy seëls te breekomdat U geslag isen met u bloedmense vir God vrygekoop het,uit elke geslag en taalgroep,volk en nasie.

10. U het hulle vir onstot konings en priesters gemaak.”

11. Toe het ek gekyk en ek het die stemme gehoor van baie engele wat rondom die troon gestaan het, asook van die lewende wesens en ouderlinge. Hulle getal was tienduisende, eintlik miljoene der miljoene.

12. Hulle het in ’n magtige koor gesing:“Die Lam wat geslag is,is waardig genoegom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheiden lofprysing te ontvang.”

13. Die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see en alles wat in hulle bestaan, het ek hoor sê:“Aan Hom wat op die troon siten aan die Lam,kom toe die lofprysingen die eerbetoning,die heerlikheiden die krag vir altyd en altyd.”

14. Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het neergeval en Hom begin aanbid.