Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierna het ek gekyk, en werklikwaar, ’n deur is oopgemaak in die hemel, en ’n stem wat ek vantevore al hard soos ’n trompet met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.”

2. Onmiddellik was ek in die greep van die Gees. Ek het ’n troon in die hemel sien staan met Iemand wat daarop sit.

3. En die Een wat sit, se voorkoms was net soos jaspis en karneool, terwyl daar ’n reënboog met die glans van smarag om die troon gehang het.

4. Rondom die troon was daar 24 trone en op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere aangehad, met goue krone op hulle koppe.

5. Van die troon se kant af het daar weerligstrale, rammelings en donderslae gekom. Reg voor die troon het sewe vlammende fakkels gebrand; dit is die sewe Geeste van God.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 4