Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 22:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Geseënd is dié wat hulle klere skoon was sodat hulle aanspraak mag hê op die boom van die lewe, en mag ingaan deur die poorte van die stad.

15. Al die onreines bly buite – die towenaars, dié wat seksuele sondes doen, die moordenaars, die afgodsdienaars en elkeen wat die leuen liefhet en lieg.

16. “Ek, Jesus, het my engel gestuur om al die dinge aan julle in die gemeentes te verkondig. Ek is die Wortel, die Nakomeling van Dawid, die helder Môrester.”

17. Die Gees en die bruid sê toe:“Kom!”En elkeen wat dit hoor, moet sê:“Kom!”En elkeen wat dors het,moet kom;elkeen wat smagna die lewegewende water,moet kom haal, verniet!

18. Ek getuig plegtig teenoor elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boekrol hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom as straf die plae byvoeg waarvan in hierdie boekrol geskryf is,

19. en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boekrol wegneem, sal God sy deel wegneem aan die boom van die lewe en aan die heilige stad waarvan in hierdie boekrol geskryf is.

20. Hy wat hierdie dinge getuig, sê:“Ja, Ek kom gou!”Amen! Kom, Here Jesus!

21. Mag die genade van die Here Jesus met julle almal wees.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 22