Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 20:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Die see het die dooies teruggegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dooies teruggegee wat daarin was, en hulle is elkeen geoordeel volgens wat hulle gedoen het.

14. Die dood en die doderyk is toe in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood – die poel van vuur.

15. En as dit geblyk het dat iemand se naam nie in die Boekrol van die Lewe opgeskryf staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 20