Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:19-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Ek ken jou handel en wandel, ook jou liefde, vertroue, bediening en volharding. Ek weet ook dat jou handel en wandel nou selfs nog beter is as voorheen.

20. Maar Ek het hierdie klag teen jou: dat jy die vrou Isebel laat begaan. Sy noem haarself ’n profetes. Sy onderrig en verlei my diensknegte om seksuele sondes te doen en om afgodsoffervleis te eet.

21. Ek het haar ’n bepaalde tyd gegun om tot inkeer te kom, maar sy weier om haar te bekeer van haar seksuele sondes.

22. Kyk, Ek pen haar op ’n siekbed vas, en die mense wat saam met haar aan seksuele wanpraktyke deelneem, gee Ek oor aan hewige swaarkry as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie.

23. Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.

24. Vir julle ander in Tiatira wat nie deel het aan daardie leer nie en nie van die diepere dinge van Satan, soos hulle dit noem, ’n studie gemaak het nie, sê Ek: Ek lê op julle geen ander verantwoordelikheid nie,

25. behalwe om vas te hou aan wat julle het totdat Ek kom.

26. Aan die een wat aanhou oorwin en enduit my werke praktyk maak, sal Ek bevoegdheid gee oor die nasies.

27. Hy sal die nasies met ’n ysterstaf beheeren hulle soos kleipotte stukkend breek.

28. Net soos Ek dit van my Vader ontvang het, sal Ek vir hom die môrester gee.

29. Elkeen wat kan hoor, moet luister wat die Gees aan die gemeentes sê.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2