hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die oorwinningslied van Moses

en van die Lam

1. Ek het toe ’n ander groot en uitsonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele wat die sewe laaste plae hou waarmee God se toorn ten volle verwerklik was.

2. Toe het ek iets soos ’n spieëlgladde see gemeng met vuur gesien. Die oorwinnaars oor die monster en sy standbeeld, en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met die siters wat God aan hulle gegee het.

3. Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui:“Groot en uitsonderlik is u dade,Here God, die Almagtige.Regverdig en betroubaar is u paaie,Koning van die nasies.

4. Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here,en nie u Naam verheerlik nie?U alleen is heilig!Al die nasies sal komen voor U in aanbidding neerval,want u regverdige dadehet sigbaar geword.”

Sewe bakke vol kole van oordeel

word op die aarde uitgegooi

5. Hierna het ek gesien hoe die tempel in die hemel, die tent van getuienis, oopgemaak word,

6. en die sewe engele wat die sewe plae hou, het uit die tempel na vore getree. Hulle het helder wit linneklere aangehad, elkeen met ’n goue band om die bors.

7. Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, vol gemaak met die toorn van God – Hy wat vir altyd lewe.

8. Die tempel het toe van God se heerlikheid en krag vol rook geword. Niemand kon in die tempel ingaan totdat die sewe plae van die sewe engele voltrek was nie.