Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 14:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Toe het ek gesien, en kyk, die Lam staan op Sionsberg, en by Hom 144 000 met sy Naam en dié van sy Vader op hulle voorkoppe geskryf.

2. En ek het van die hemel af ’n geluid gehoor soos die gedruis van ’n groot waterval en soos die gerammel van swaar donderweer. Die geluid wat ek gehoor het, was soos dié van musikante wat op hulle siters speel.

3. Hulle sing ’n nuwe lied in die teenwoordigheid van die troon, die vier lewende wesens en die ouderlinge. Niemand behalwe die 144 000 wat van die aarde af losgekoop is, was in staat om hierdie lied te bemeester nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 14