Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:7-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Daar het toe oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en die engele onder sy beheer het oorlog gemaak teen die draak. Die draak en die engele onder sy beheer het aan die oorlog deelgeneem,

8. maar hy is verslaan. In die hemel was daar geen plek meer vir die draak en die engele onder sy beheer te vind nie.

9. Die reuse draak is uitgegooi, dit is die slang van die oertyd wat ook die duiwel en Satan genoem word, en wat die hele bewoonde wêreld verlei. Hy is op die aarde neergegooi, asook sy bose engele saam met hom.

10. Toe het ek ’n kragtige stem in die hemel hoor sê:“Nou het die verlossing en die kragen die koninklike heerskappyvan ons God aangebreek,asook die mag van sy Christus.Die aanklaer van ons medegelowigesis neergegooi,hy wat hulle dag en nagvoor ons God aangekla het.

11. En hulle het hom self oorwinop grond van die bloedvan die Lamen die boodskapwaaroor hulle getuig het.Hulle het hulle lewensnie so liefgehaddat hulle onwillig wasom vir Hom te sterf nie.

12. Daarom, juig daaroor, hemeleen dié wat daarin ’n woonplek het!Hoe vreeslik togvir die land en die see,omdat die duiwelna julle afgekom hetmet fel woedeen met die besefdat hy net ’n kort tydjie het.”

13. Toe die draak sien dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou wat geboorte gegee het aan die manlike kind, agtervolg.

14. Aan die vrou is egter twee groot arendsvlerke gegee sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg. Dáár word sy versorg vir ’n tyd, tye en ’n halwe tyd, heeltemal buite bereik van die slang.

15. Die slang het toe uit sy bek ’n boog water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgespoeg sodat sy deur die stroom meegesleur kon word,

16. maar die aarde het die vrou te hulp gesnel. Die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, ingesluk.

17. Die draak het toe woedend geword vir die vrou en vertrek om oorlog te gaan maak teen die res van haar afstammelinge wat die gebooie van God gehoorsaam en vashou aan die getuienis wat Jesus gegee het.

18. Die draak het toe op die sand van die see gaan staan.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12