Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 11:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Die tweede verskrikking is verby. Kyk, die derde een kom spoedig.

15. Die sewende engel het toe op sy trompet geblaas. Daar was kragtige stemme in die hemel wat sê: “Die koninklike heerskappy oor die wêreld behoort nou aan ons Here en sy Christus, en Hy sal as koning heers vir altyd.”

16. Die 24 ouderlinge wat op hulle trone voor God sit, het op hulle gesigte neergeval en God aanbid

17. en gesê:“Here God, Almagtige,U wat is en wat was,ons dank U dat U nou u groot mag opgeneem heten as koning heers.

18. Die nasies het baie kwaad geword,maar nou het die tydvan u oordeel aangebreekom dié wat dood is, te oordeel;om u diensknegte, die profetete beloonen dié wat aan God toegewy is,en dié wat ontsag het vir u Naam,klein en groot,en dié wat die aarde vernietig,óók te vernietig.”

19. Toe is God se tempel in die hemel geopen, en sy verbondsark wat in sy tempel is, het sigbaar geword. Daar was toe weerligstrale, dreunings, donderslae, ’n aardbewing en ’n hewige haelstorm.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 11