Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:31-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

31. Ten spyte daarvan het hulle weggegaan en oral gaan vertel hoe wonderlik Jesus is.

32. Die twee wat gesond gemaak is, was nog besig om te vertrek toe mense iemand na Hom toe bring wat stom was omdat ’n bose gees beheer oor hom gehad het.

33. Nadat Jesus die duiwel uit hom gejaag het, het die stom man begin praat. Die skare was oorweldig en het gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie!”

34. Maar die Fariseërs se reaksie was: “Dit is die baasduiwel wat Hom help om duiwels uit mense uit te jaag.”

35. Jesus het deur al die dorpe en kleiner plekkies rondbeweeg. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

36. Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter.

37. Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min.

38. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 9