Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:68-75 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

68. gesê: “Profeteer vir ons, geagte Messias! Wie is dit wat jou nou net geslaan het?”

69. Petrus het nog steeds buite in die binnehof gesit. ’n Diensmeisie kom toe nader en sê: “Jy was mos ook saam met Jesus die Galileër?”

70. Hy het dit egter voor almal ontken. “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het hy verklaar.

71. Later, toe hy op pad was na die uitgang, sien ’n ander diensmeisie hom raak en sê vir die omstanders: “Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret.”

72. Weer het hy dit ontken, hierdie keer met ’n eed: “Ek ken hierdie man glad nie!”

73. Nog ’n klein rukkie later kom sê dié wat daar rondstaan vir Petrus: “Jy is definitief een van hulle; jou aksent verklap jou.”

74. Daarop het Petrus hewig begin vloek en gesê: “Ek sweer voor God, ek ken hierdie man hoegenaamd nie!” Onmiddellik het die haan begin kraai.

75. Skielik het Jesus se woorde deur Petrus se gedagtes geflits: “Voordat die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy my dissipel is.” Daarop het hy buitentoe gegaan en hartstogtelik gehuil.

Lees volledige hoofstuk Matteus 26