Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:65-71 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

65. Toe skeur die hoofpriester sy klere om te wys hoe geskok hy is en hy roep uit: “Lasterlik! Watter ander getuies het ons nog nodig? Julle het tog nou self hierdie lastering teen God gehoor.

66. Wat is julle bevinding?”“Hy is skuldig,” antwoord hulle, “hy verdien die doodstraf.”

67. Daarop spoeg hulle Hom in die gesig en slaan Hom met hulle vuiste. Party het Hom geklap en

68. gesê: “Profeteer vir ons, geagte Messias! Wie is dit wat jou nou net geslaan het?”

69. Petrus het nog steeds buite in die binnehof gesit. ’n Diensmeisie kom toe nader en sê: “Jy was mos ook saam met Jesus die Galileër?”

70. Hy het dit egter voor almal ontken. “Ek weet nie waarvan jy praat nie,” het hy verklaar.

71. Later, toe hy op pad was na die uitgang, sien ’n ander diensmeisie hom raak en sê vir die omstanders: “Hierdie man was ook saam met Jesus van Nasaret.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 26