Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:28-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

28. want dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet sodat hulle sondes vergewe kan word.

29. Ek verklaar nou hier plegtig dat Ek van nou af nie weer wyn sal drink nie totdat Ek opnuut die feeswyn saam met julle sal drink in die koninkryk van my Vader.”

30. Hulle het toe die loflied gesing en uitgegaan na die Olyfberg toe.

31. Jesus het toe vir hulle gesê: “Vannag gaan julle almal aanstoot aan My neem. Daar staan immers geskryf: ‘Ek sal die skaapwagter doodmaaken die skape van die tropsal uitmekaargejaag word.’

32. “Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek vooruit na Galilea toe gaan en daar vir julle wag.”

33. Petrus verseker Hom toe: “Al laat almal U in die steek – ék sal dit nooit doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 26