Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Nadat Jesus al hierdie uitsprake afgehandel het, het Hy vir sy dissipels gesê:

2. “Julle weet dat dit oor twee dae Paasfees is. Dan sal Ek, die Seun van die Mens, oorgegee word om gekruisig te word.”

3. Juis in daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde in die huis van Kajafas, die hoofpriester, vergader

4. en saam beraadslaag oor hoe hulle Jesus in die geheim kon vang en uit die weg ruim.

5. Hulle het egter saamgestem: “Nie in die openbaar terwyl die skares feesvier nie; anders kom daar ’n oproer onder die volk.”

6. Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse.

7. Terwyl Hy aan tafel was, kom daar ’n vrou na Hom toe met ’n albaste fles vol duur aromatiese olie en gooi dit op sy kop uit.

8. Toe die dissipels dit sien, het hulle hulle daaroor opgewerk. “Watter vermorsing,” het hulle onder mekaar gesê,

Lees volledige hoofstuk Matteus 26