Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 18:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In daardie tyd het die dissipels na Jesus toe gekom met die vraag: “Wie van ons sal die belangrikste wees in God se koninkryk?”

2. Jesus roep toe ’n klein kindjie nader en laat dié tussen hulle staan.

3. Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie.

4. “Daarom is elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word die belangrikste in God se koninkryk.

5. En elkeen wat ’n kindjie soos hierdie een ter wille van My verwelkom, verwelkom My.

6. Maar elkeen wat een van hierdie kleinstes wat in My glo, tot ’n val bring – vir hom sal dit beter wees om met ’n meulsteen om sy nek in die see te verdrink.

7. “Dié wat ander tot ’n val bring, bring ellende in die wêreld! Daar sal noodwendig sulke mense wees, maar God sal die mens straf wat iemand anders tot ’n val bring.

Lees volledige hoofstuk Matteus 18