Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 12:7-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. As julle die Skrifwoord wat sê: ‘Ontferming is vir My belangriker as offers,’ werklik verstaan het, sou julle nie hierdie onskuldige mense veroordeel het nie.

8. Ek, die Seun van die Mens, het immers ook seggenskap oor die Sabbat.”

9. Jesus het daarvandaan vertrek en in een van hulle sinagoges ingegaan.

10. Daar sien Hy ’n man met ’n misvormde hand. Hulle vra Hom toe: “Mag ’n mens iemand op die Sabbat gesond maak?” (Hulle het natuurlik gehoop Hy sou ja antwoord sodat hulle ’n klag teen Hom kon lê.)

11. Daarop antwoord Hy hulle: “Sou enigeen van julle, as sy enigste skaap op die Sabbatdag in ’n sloot val, versuim om hom te gryp en uit te trek? Natuurlik nie!

12. Hoeveel kosbaarder is ’n mens nie as ’n skaap nie! Daarom is dit mos niks meer as reg om op die Sabbat goed te doen nie.”

13. Daarna sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand.” Hy het dit uitgesteek, en dit het gesond geword. Dit was normaal net soos die ander een.

14. Daarop het die Fariseërs uitgegaan en gaan beplan hoe hulle Jesus uit die weg sou ruim.

15. Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. ’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak.

16. Hy het hulle ernstig verbied om oral uit te basuin wie Hy is.

17. So het die uitspraak van die profeet in vervulling gegaan:

18. “Hier is my Dienskneg wat Ek uitgekies het.Hom het Ek lief. Hy maak my hart baie bly.Ek sal my Gees op Hom laat rusen Hy sal my besluit aan die nasies bekendmaak.

19. Hy sal nie met mense stry of ’n groot lawaai maak nie.Hy sal nie sy stem in die openbaar verhef nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 12