Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 8:35-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

35. As julle probeer om julle lewe selfsugtig vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My en ter wille van die Goeie Nuus prysgee, sal julle dit juis red.

36. Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?

37. Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie.

38. As jy jou vir My en vir my boodskap skaam te midde van vandag se ontroue en sondige mense, sal Ek, die Seun van die Mens, My ook vir jou skaam wanneer Ek terugkeer met die heilige engele, beklee met die heerlikheid van my Vader.”

Lees volledige hoofstuk Markus 8