Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 8:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ongeveer dieselfde tyd was daar weer ’n groot menigte mense by Jesus. Omdat hulle nie kos gehad het nie, het Jesus sy dissipels nadergeroep met die woorde:

2. “Ek is baie jammer vir hierdie mense, want hulle is nou al drie dae by My en het niks om te eet nie.

3. As Ek hulle met leë mae huis toe stuur, gaan hulle langs die pad van honger doodgaan. Party van hulle kom ook nog van ver af.”

4. Sy dissipels antwoord Hom toe: “Hoe op aarde sal ons in hierdie verlate wêreld kos kry vir al hierdie mense?”

5. “Hoeveel brode het julle?” het Hy gevra. “Sewe,” was hulle antwoord.

6. Hy sê toe almal moet op die grond gaan sit. Daarop neem Jesus die sewe brode, dank God daarvoor, breek dit en gee dit aan sy dissipels, wat dit weer onder die skare uitdeel.

Lees volledige hoofstuk Markus 8