Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:17-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hulle het vir Jesus gesoebat om uit hulle omgewing weg te gaan.

18. Toe Jesus weer terug was in die skuit, het die man wat voorheen besete was, Hom gesmeek om saam met Hom te mag gaan.

19. Jesus het egter vir hom gesê: “Nee, gaan huis toe na jou mense toe. Vertel vir hulle wat die Here vir jou gedoen het, en hoe goed Hy vir jou was.”

20. Hy het wyd en syd in die Tien Stede-gebied gaan vertel wat Jesus vir hom gedoen het. En almal was verwonderd oor wat hy aan hulle vertel het.

21. Daarna het Jesus weer per skuit die see oorgesteek. Daar het ’n groot skare op die strand om Hom saamgedrom.

22. ’n Leier van die plaaslike sinagoge, ’n man met die naam Jaïrus, kom toe na Hom toe. Toe hy Jesus sien, val hy voor Hom neer

23. en pleit ernstig by Hom: “My dogtertjie is op haar laaste. Kom sit tog u hande op haar sodat sy gesond kan word en bly lewe.”

24. Jesus het toe saam met hom gegaan. ’n Groot klomp mense het agter Hom aangekom en teen Hom saamgedrom.

25. Daar was ’n vrou onder hulle wat vir twaalf jaar aan bloedvloeiing gely het.

26. Sy het baie swaargekry onder die baie dokters wat haar behandel het, en om haar dokterskostes te dek het sy alles bestee wat sy gehad het. Tog het sy niks beter geword nie, maar eerder agteruitgegaan.

27. Toe sy van Jesus hoor, het sy deur die skare gebeur en van agter aan sy klere geraak.

Lees volledige hoofstuk Markus 5