Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hulle het toe oorkant die see in die gebied van die Geraseners aangekom.

2. Net toe Jesus uit die skuit klim, het ’n man met ’n onrein gees Hom van die begraafplaas af tegemoetgehardloop.

3. Hy het tussen die grafte gebly. Hy kon op geen manier beheer word nie – selfs nie met ’n ketting nie.

4. Hy is dikwels met voet- en handboeie vasgemaak; dan het hy die handboeie oopgeforseer en die voetboeie uitmekaargeruk. Gevolglik kon net mooi niemand hom beheer nie.

5. Die hele tyd, dag en nag, was hy tussen die grafte en op die hoogtes aan die skree terwyl hy homself met klippe stukkend kap.

Lees volledige hoofstuk Markus 5