Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 16:13-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hulle het toe teruggegaan en dit vir die ander dissipels vertel, maar dié het selfs vir hulle nie geglo nie.

14. Nog later het Hy aan die elftal self verskyn terwyl hulle besig was om saam te eet. Hy het hulle aangespreek oor hulle ongeloof – hulle koppige onwilligheid om dié te glo wat Hom ná sy opstanding gesien het.

15. Toe het Hy hulle beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.

16. Elkeen wat glo en gedoop word, sal verlos word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word.

17. Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf, en hulle sal in nuwe tale praat.

Lees volledige hoofstuk Markus 16