Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 22:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Die Dag van die Ongesuurde Brood waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek.

8. Jesus het vir Petrus en Johannes gestuur en gesê: “Gaan maak die paasmaaltyd gereed sodat ons kan kom aansit.”

9. Hulle vra toe vir Jesus: “Waar verkies U dat ons dit voorberei?”

10. Hy antwoord hulle: “Kyk, wanneer julle die stad binnegaan, sal ’n man julle teëkom wat ’n kan water dra. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan,

11. en sê vir die eienaar van die huis: ‘Die Leermeester vra jou: Waar is die gastekamer waar Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd kan eet?’

12. Daardie man sal julle ’n groot bovertrek wys wat gereedgemaak is. Daar moet julle dit voorberei.”

13. Hulle het vertrek en dit net so aangetref soos Jesus vir hulle gesê het en die paasete gereed gekry.

14. Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom.

Lees volledige hoofstuk Lukas 22