Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 22:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Fees van die Ongesuurde Brood, wat ook Pasga genoem word, was baie naby.

2. Die priesterhoofde en die skrifkenners het steeds bly soek na ’n onopvallende manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk.

3. Satan het in Judas ingevaar wat Iskariot genoem is, een van die twaalf.

4. Hy het toe weggegaan om te onderhandel met die priesterhoofde en die bevelvoerders van die tempelwag oor hoe hy Jesus aan hulle sou uitlewer.

5. Hulle was opgewonde en het ooreengekom om geld aan hom te gee.

6. Judas het ten volle ingestem en na ’n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.

7. Die Dag van die Ongesuurde Brood waarop die paaslam geslag moes word, het aangebreek.

8. Jesus het vir Petrus en Johannes gestuur en gesê: “Gaan maak die paasmaaltyd gereed sodat ons kan kom aansit.”

9. Hulle vra toe vir Jesus: “Waar verkies U dat ons dit voorberei?”

10. Hy antwoord hulle: “Kyk, wanneer julle die stad binnegaan, sal ’n man julle teëkom wat ’n kan water dra. Volg hom tot in die huis waar hy ingaan,

11. en sê vir die eienaar van die huis: ‘Die Leermeester vra jou: Waar is die gastekamer waar Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd kan eet?’

Lees volledige hoofstuk Lukas 22