Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 13:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Dit het sy vyande laat skaam kry. En al die mense was verheug oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het.

18. Toe het Jesus gesê: “Hoe lyk die koningsheerskappy van God? Hoe kan Ek dit illustreer?

19. “Dit is soos ’n klein mosterdsaadjie wat in ’n tuin geplant is; dit groei en word ’n boom, en die voëls kom en vind skuiling in sy takke.”

20. Hy het ook gevra: “Soos wat is die koningsheerskappy van God nog?

21. Dis soos suurdeeg wat ’n vrou gebruik om brood te bak. Alhoewel sy ’n groot klomp meel gebruik, het die suurdeeg elke deel van die deeg deurtrek.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 13