Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 12:51-59 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

51. Dink julle Ek het gekom om vrede op aarde te bring? Nee, Ek het gekom om stryd en verdeeldheid te bring!

52. Van nou af sal gesinne oor My verdeeld wees, drie teen twee, en twee teen drie.

53. Daar sal verdeeldheid wees tussen pa en seun, en seun en pa;tussen ma en dogter, en dogter en ma;tussen skoonma en skoondogter,en skoondogter en skoonma.”

54. Toe het Jesus na die skare gedraai en gesê: “Wanneer julle wolke sien saampak in die weste, sê julle: ‘Hier kom ’n reënbui.’ En julle is reg.

55. Wanneer die suidewind waai, sê julle: ‘Vandag sal skroeiwarm wees.’ En dit is so.

56. Julle skynheiliges! Julle weet hoe om die voorkoms van die aarde en die lug te vertolk, maar julle kan nie die huidige tyd vertolk nie.

57. “Hoekom kan julle nie self besluit wat is reg nie?

58. As julle saam met julle teenparty op pad hof toe is, doen moeite om ’n ooreenkoms te bereik voordat julle saak voor die regter kom, of julle kan gevonnis word en aan die polisie oorhandig word en in die tronk gestop word.

59. En as dit gebeur, sal julle nie vrykom voordat julle die laaste sent betaal het nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 12