Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 10:37-42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

37. Die man het geantwoord: “Die een wat aan hom medelye bewys het.” Toe het Jesus gesê: “Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

38. Toe Jesus en sy dissipels hulle reis na Jerusalem voortsit, het hulle in ’n dorpie gekom waar ’n vrou, Marta, hulle in haar huis verwelkom het.

39. Haar suster, Maria, het aan die Here se voete gesit en luister na wat Hy hulle leer.

40. Maar Marta was bekommerd oor die groot ete wat sy besig was om voor te berei. Sy kom toe na Jesus en sê: “Here, lyk dit darem nie vir U onregverdig dat my suster net hier sit terwyl ek al die werk doen nie? Sê sy moet my kom help.”

41. Maar die Here het geantwoord: “Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge!

42. Daar is regtig net een ding wat nodig is om oor besorg te wees. Maria het dit ontdek – en Ek gaan dit nie van haar af wegneem nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 10