Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:62-80 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

62. Met gebare vra hulle toe die kindjie se pa.

63. Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”

64. Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys.

65. Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.

67. Sy pa, Sagaria, is hierna met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê:

68. “Prys die Here, die God van Israel,want Hy het sy volk opgesoeken hulle gered.

69. Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuuruit die koninklike geslag van sy dienaar Dawid,

70. soos Hy lank gelede deur sy heilige profete beloof het.

71. Nou sal ons van ons vyandegered worden van almal wat ons haat.

72. Hy was genadig teenoor ons voorvadersen Hy het sy heilige verbond met hulle onthou,

73. die eed wat Hy teenoor Abraham ons voorvader gesweer hetdat Hy sou sorg dat ons,

74. gered van ons vyande,Hom sonder vrees kan dien

75. in toewyding en geregtigheid vir altyd.

76. En jy, kindjie,sal ’n profeet van die Allerhoogstegenoem word,want jy sal die pad van die Here voorberei.

77. Jy sal sy volk vertel hoe om verlos te word:deurdat hulle sonde vergewe word.

78. Vanweë God se tere ontfermingis die lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn,

79. om lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe,en om ons te lei op die pad van vrede.”

80. Johannes het groot en sterk geword in die Gees. Hy het in die woestyn gewoon totdat hy sy bediening onder Israel begin het.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1