Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:57-72 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

57. Toe die tyd aangebreek het vir Elisabet se kind om gebore te word, het sy ’n seun in die wêreld gebring.

58. Die nuus het vinnig onder haar bure en familie versprei dat die Here Hom oor haar ontferm het en almal was saam met haar bly.

59. Toe die kindjie agt dae oud was, het al die familie en vriende bymekaargekom vir sy besnydenis. Hulle wou hom Sagaria noem, na sy pa.

60. Maar Elisabet het gesê: “Nee! Sy naam is Johannes!”

61. “Maar daar is dan niemand in jou familie met die naam nie,” het hulle gesê.

62. Met gebare vra hulle toe die kindjie se pa.

63. Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”

64. Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys.

65. Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.

67. Sy pa, Sagaria, is hierna met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê:

68. “Prys die Here, die God van Israel,want Hy het sy volk opgesoeken hulle gered.

69. Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuuruit die koninklike geslag van sy dienaar Dawid,

70. soos Hy lank gelede deur sy heilige profete beloof het.

71. Nou sal ons van ons vyandegered worden van almal wat ons haat.

72. Hy was genadig teenoor ons voorvadersen Hy het sy heilige verbond met hulle onthou,

Lees volledige hoofstuk Lukas 1