Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 1:52-66 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

52. Hy het prinse onttroonen nederiges verhef.

53. Hy het dié wat gebrek ly,met goeie dinge versadig,en die rykes met leë hande weggestuur.

54. Hy het sy dienaar Israel gehelp!Hy het nie sy belofte vergeetom ontferming te bewys nie.

55. Want Hy het ons voorvaders beloof – vir Abraham en sy kinders –om vir altyd goed te weesteenoor hulle.”

56. Maria het omtrent drie maande by Elisabet gebly en toe is sy huis toe.

57. Toe die tyd aangebreek het vir Elisabet se kind om gebore te word, het sy ’n seun in die wêreld gebring.

58. Die nuus het vinnig onder haar bure en familie versprei dat die Here Hom oor haar ontferm het en almal was saam met haar bly.

59. Toe die kindjie agt dae oud was, het al die familie en vriende bymekaargekom vir sy besnydenis. Hulle wou hom Sagaria noem, na sy pa.

60. Maar Elisabet het gesê: “Nee! Sy naam is Johannes!”

61. “Maar daar is dan niemand in jou familie met die naam nie,” het hulle gesê.

62. Met gebare vra hulle toe die kindjie se pa.

63. Daarop beduie hy dat ’n skryfbordjie gebring moet word, en tot almal se verbasing skryf hy: “Sy naam is Johannes!”

64. Hy kon dadelik weer praat, en hy het God onmiddellik begin prys.

65. Die hele buurt is met ontsag vervul en die nuus oor wat gebeur het, het oral deur die Judese heuwelland versprei.

66. Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.

Lees volledige hoofstuk Lukas 1