Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:6-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

7. Tigikus, die geliefde broer en ’n getroue dienaar en me­dedienskneg van die Here, sal julle alles oor my om­stan­dighede vertel.

8. Hiervoor stuur ek hom na julle toe: dat julle kan weet hoe dit met ons gaan, en om julle moed in te praat.

9. Hy kom met Onesimus, die getroue en geliefde broer; hy is een van julle. Hulle sal julle alles vertel wat hier gebeur het.

10. Aristargus, wat saam met my ’n ge­vangene is, stuur groete, en ook Mar­kus, Bar­nabas se neef. Oor hom het jul­le reeds opdragte ontvang. As hy daar kom, moet jul­le hom verwelkom.

11. Die­selfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enig­ste Jode wat met my saam­werk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hul­le vir my!

12. Epafras stuur vir julle groete. Hy is een van julle en ’n dienskneg van Chris­tus Jesus. Hy bid altyd ernstig vir julle dat julle as volwasse gelowiges met volle oortui­ging in alles die wil van God sal bly doen.

13. Ek kan regtig daarvan getuig dat hy hom baie oor julle bekommer, en ook oor al die gelowiges in Laodisea en Hiërapolis.

14. Lukas, ons geliefde dokter, stuur vir jul­le groete, en ook Demas.

15. Groet asse­blief die broers en susters in Laodisea. Groet ook Nimfa en haar huisgemeente.

16. Verder, wanneer hierdie brief klaar by julle voor­gelees is, moet julle sorg dat dit ook in die ge­meente van Laodisea voorge­lees word, en dat die een wat van Laodisea af sal kom, ook by julle voorgelees word.

17. Verder, sê vir Argippus: “Maak seker dat jy die bedie­ning uitvoer wat jy in diens van die Here aanvaar het.”

18. Hier is my groete in my eie handskrif – van Paulus.Dink aan my hier in die tronk!Mag die genade van God met jul­le wees.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4