Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. In julle verhouding met buitestan­ders moet julle slim optree deur elke kans te benut.

6. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

7. Tigikus, die geliefde broer en ’n getroue dienaar en me­dedienskneg van die Here, sal julle alles oor my om­stan­dighede vertel.

8. Hiervoor stuur ek hom na julle toe: dat julle kan weet hoe dit met ons gaan, en om julle moed in te praat.

9. Hy kom met Onesimus, die getroue en geliefde broer; hy is een van julle. Hulle sal julle alles vertel wat hier gebeur het.

10. Aristargus, wat saam met my ’n ge­vangene is, stuur groete, en ook Mar­kus, Bar­nabas se neef. Oor hom het jul­le reeds opdragte ontvang. As hy daar kom, moet jul­le hom verwelkom.

11. Die­selfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enig­ste Jode wat met my saam­werk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hul­le vir my!

12. Epafras stuur vir julle groete. Hy is een van julle en ’n dienskneg van Chris­tus Jesus. Hy bid altyd ernstig vir julle dat julle as volwasse gelowiges met volle oortui­ging in alles die wil van God sal bly doen.

13. Ek kan regtig daarvan getuig dat hy hom baie oor julle bekommer, en ook oor al die gelowiges in Laodisea en Hiërapolis.

14. Lukas, ons geliefde dokter, stuur vir jul­le groete, en ook Demas.

15. Groet asse­blief die broers en susters in Laodisea. Groet ook Nimfa en haar huisgemeente.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4