Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 4:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Eienaars, behandel julle slawe reg en billik. Ont­hou dat julle ook ’n Eienaar het – in die he­mel!

2. Volhard in die gebed. Bid terwyl julle gees­telik waaksaam en dankbaar is.

3. Bid ter­selfdertyd ook vir ons, dat God ons ge­leentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die ge­vangenis is!

4. Bid dat wanneer ek daar­oor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.

5. In julle verhouding met buitestan­ders moet julle slim optree deur elke kans te benut.

6. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge­reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

7. Tigikus, die geliefde broer en ’n getroue dienaar en me­dedienskneg van die Here, sal julle alles oor my om­stan­dighede vertel.

8. Hiervoor stuur ek hom na julle toe: dat julle kan weet hoe dit met ons gaan, en om julle moed in te praat.

9. Hy kom met Onesimus, die getroue en geliefde broer; hy is een van julle. Hulle sal julle alles vertel wat hier gebeur het.

10. Aristargus, wat saam met my ’n ge­vangene is, stuur groete, en ook Mar­kus, Bar­nabas se neef. Oor hom het jul­le reeds opdragte ontvang. As hy daar kom, moet jul­le hom verwelkom.

11. Die­selfde geld ook vir Jesus wat Justus genoem word. Hulle twee is die enig­ste Jode wat met my saam­werk vir God se koningsheerskappy. Wat ’n troos is hul­le vir my!

Lees volledige hoofstuk Kolossense 4