Ou Testament

Nuwe Testament

Kolossense 2:20-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. Aangesien julle, deur saam met Chris­tus te sterf, die bose wêreldse mag­te af­ge­sterf het, waarom leef julle nog vol­gens wê­reldse voorskrifte soos:

21. “moenie vat nie”, “moenie dit eet nie” en “moe­nie aan­raak nie”?

22. Dit is alles dinge wat ver­bruik word en vergaan – soos dit gaan met mens­ge­maak­te voorskrifte en leringe.

23. Met hul­le self­uitgedinkte godsdienstige toe­wy­ding, self­vernedering en streng liggaam­like dis­si­pline het hierdie voorskrifte nogal die re­putasie dat hulle wysheid bevat. Inderwaar­heid is hulle nutteloos vir die beheer van die sondige geaardheid.

Lees volledige hoofstuk Kolossense 2