Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 8:12-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Verder, by ’n ander geleentheid, het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

13. Die Fariseërs het toe vir Hom gesê: “Jy getuig oor jouself; daarom is jou getuienis nie geldig nie.”

14. Jesus het reageer: “As Ek oor Myself getuig, is my getuienis geldig omdat Ek weet waarvandaan Ek gekom het en waarheen Ek teruggaan. Julle weet egter nie waarvandaan Ek kom of waarheen Ek gaan nie.

15. Julle oordeel volgens die uiterlike; Ek oordeel oor niemand nie.

16. As Ek egter oordeel, is my oordeel geldig omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.

17. In julle wet is dit opgeskryf dat die getuienis van twee persone geldig is.

18. Dit is Ek wat oor Myself getuig, asook die Vader wat My gestuur het, wat oor My getuig.”

19. Hulle het toe vir Hom gesê: “Waar is jou Vader?”Jesus het geantwoord: “Julle ken My nie en ook nie my Vader nie. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het.”

20. Jesus het hierdie stellings gemaak in die skatkamer van die tempel terwyl Hy besig was om in die tempel te onderrig. Niemand het Hom egter gearresteer nie omdat sy tyd nog nie aangebreek het nie.

21. Verder het Jesus vir hulle gesê: “Ek gaan weg en julle sal My soek, maar julle sal in julle sonde doodgaan. Waarheen Ek gaan, kan julle nie nou kom nie.”

22. Die Jode het reageer: “Hy gaan tog nie Homself om die lewe bring nie – omdat Hy sê: ‘Waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie’?”

23. Toe het Hy vir hulle gesê: “Julle is van hieronder. Ek is van daarbo. Julle het julle oorsprong uit hierdie wêreld; Ek het my oorsprong nie uit hierdie wêreld nie.

24. Daarom het Ek vir julle gesê dat julle sal sterf in julle sondes, want as julle nie glo dat Ek is wat Ek is nie, sal julle in julle sondes doodgaan.”

Lees volledige hoofstuk Johannes 8