Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 5:39-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

39. Julle bestudeer die Skrifte omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe sal kry. Dit is juis daardie Skrifte wat oor My getuig.

40. Julle wil nietemin nie na My toe kom sodat julle die lewe kan ontvang nie.

41. “Ek ontvang nie eer van mense af nie,

42. maar Ek ken julle en weet dat julle nie die liefde vir God in julle koester nie.

43. Ek het hiernatoe gekom in die Naam van my Vader, maar julle ontvang My nie. As iemand anders in sy eie naam sou kom, sal julle daardie persoon ontvang.

44. Hoe kan julle in My glo terwyl julle onder mekaar eer ontvang, en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?

45. Moenie dink dat dit Ek is wat julle aankla by die Vader nie. Dit is Moses, op wie julle julle hoop gevestig het, wat die aanklaer is.

46. As julle Moses maar vertrou het, sou julle in My geglo het, want dit is oor Mý dat hy geskryf het.

47. As julle egter nie glo in wat hy geskryf het nie, hoe sal julle ooit in my woorde glo?”

Lees volledige hoofstuk Johannes 5