Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 21:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daarna het Jesus weer aan sy dissipels by die Meer van Tiberias verskyn. Dit het só gebeur.

2. Die volgende dissipels was daar saam: Simon Petrus en Tomas (wat ook Didimus genoem is), Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus, en nog twee ander.

3. Simon Petrus sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons gaan ook saam met jou.” Hulle het in die skuit gaan klim, en het daardie nag niks gevang nie.

4. Net ná dagbreek het Jesus daar op die strand gestaan, maar sy dissipels was nie daarvan bewus dat dit Hý is nie.

5. Hy vra toe vir hulle: “Kinders, het julle nie iets om te eet nie?”Hulle antwoord vir Jesus was net: “Nee.”

6. Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot uit en julle sal vis kry.” Hulle het die net toe uitgegooi, en kon dit nie weer intrek nie as gevolg van die groot hoeveelheid vis.

Lees volledige hoofstuk Johannes 21