Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:38-42 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

38. Maar as Ek dit doen en julle sou nie in Mý glo nie, glo dan die werke sodat julle kan begryp en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.”

39. Hulle het weer ’n nuwe poging aangewend om Jesus te arresteer, maar Hy het hulle ontduik.

40. Hy het weer teruggegaan na die omgewing oorkant die Jordaan waar Johannes aanvanklik gedoop het, en daar oorgebly.

41. Baie mense het na Jesus toe gekom en gesê: “Johannes het geen wonderteken gedoen nie, maar al die dinge wat Johannes oor hierdie man gesê het, was die waarheid.”

42. En baie mense het op daardie plek in Jesus begin glo.

Lees volledige hoofstuk Johannes 10