Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek verseker julle, iemand wat nie deur die hek in die skaapkraal ingaan nie, maar van die ander kant af oorklim, is ’n dief en ’n rower.

2. Iemand wat egter deur die hek toegang verkry, is die herder van die skape.

3. Vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle name en lei hulle uit.

4. Wanneer hy al sy eie skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken.

5. ’n Vreemdeling sal hulle glad nie volg nie, maar van hom af wegvlug omdat hulle nie die vreemdeling se stem herken nie.”

6. Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. Hulle kon egter nie insien wat Hy vir hulle wou sê nie.

7. Toe het Jesus weer ’n keer gesê: “Ek verseker julle, Ek is die deur vir die skape.

8. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie op hulle reageer nie.

9. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.

Lees volledige hoofstuk Johannes 10