Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Julle moet mekaar steeds met ware broederliefde liefhê.

2. Moenie nalaat om gasvry te wees nie. Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang!

3. Moenie hulle wat in die tronk is, vergeet nie. Ly saam met hulle asof julle self daar sit. Deel in die seer van hulle wat mishandel word asof julle dit aan julle eie liggaam voel.

4. Respekteer die huwelik in alle omstandighede. Wees getrou aan julle huweliksmaats. God sal almal wat immoreel lewe en in die huwelik ontrou is, in die oordeel bring.

5. Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”

6. Daarom kan ons moed skep en antwoord:“Die Here is my hulp;daarom sal ek nie bang wees nie.Wat kan ’n blote mensmy aandoen?”

7. Onthou julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Dink aan watter voorbeeldige lewe hulle enduit gelei het en vertrou soos hulle op God.

8. Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!

9. Pas op dat julle nie meegesleur word deur die bekoring van allerlei vreemde idees nie. Dit is goed om deur God se genade versterk te word en nie deur die nakoming van kosvoorskrifte, wat in elk geval vir dié wat dit nagekom het, niks gebaat het nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13