Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:32-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. Al die gelowiges was in hart en siel één. Niemand het opgetree asof sy besittings net sy eie was nie, hulle het alles gedeel wat hulle gehad het.

33. Die apostels het kragtige getuienis gegee oor die opstanding van die Here Jesus, en God het sy genade ryklik aan elkeen gegee.

34. Nie een van hulle het ’n tekort gehad nie, want gelowiges wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die opbrengs daarvan gebring

35. en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte.

36. So was daar byvoorbeeld Josef wat deur die apostels Barnabas genoem is (dit beteken iemand wat mense moed inpraat). Hy was uit die stam van Levi, en is op Siprus gebore.

37. Hy het sy grond verkoop en die geld vir die apostels gebring om vir dié te gee wat tekort het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4