Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:24-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Toe het al die gelowiges saam tot God gebid: “Almagtige Here, Skepper van die hemel en die aarde, die see en alles daarin –

25. U het lank gelede u dienaar, ons voorvader Dawid, deur die Heilige Gees laat sê:‘Waarom het die nasiestekere gegaan?Waarom het die volkesinlose planne beraam?

26. Die konings van die aardehet hulle slaggereed gemaak;die heersers het saamgespanteen die Hereen teen sy Messias.’

27. “Dit is wat hier in hierdie stad gebeur het! Herodes Antipas, Pontius Pilatus die goewerneur, die ander volke en die volk Israel het saamgespan teen Jesus, u heilige Dienaar, wat deur U toegerus is vir sy taak.

28. Eintlik was alles wat hulle gedoen het, volgens u beskikking en besluit.

29. En nou, Here, hoor hoe dreig hulle ons. Gee dat ons, u diensknegte, u woord met waagmoed sal verkondig.

30. Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

31. Na hierdie gebed het die gebou waar hulle bymekaar was, geskud, en hulle is almal met die Heilige Gees vervul. En hulle het God se boodskap onverskrokke verkondig.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4