Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:21-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Hy moet in die hemel bly totdat die tyd aangebreek het wanneer God alles nuut maak, soos God dit lank gelede deur sy heilige profete belowe het.

22. “Moses het gesê: ‘Die Here julle God sal ’n Profeet soos ek uit julle volk vir julle laat voortkom. Luister mooi na alles wat Hy vir julle sê.’

23. Moses het ook nog verder gesê: ‘Elkeen wat nie na daardie Profeet luister nie, sal van die volk van God afgesny en vernietig word.’

24. “Van Samuel af het elke profeet gepraat oor wat vandag gebeur.

25. Júlle is die kinders van daardie profete, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. God het mos vir Abraham gesê: ‘In jou nageslag sal al die families van die aarde geseën word.’

26. Toe God sy Dienaar in die wêreld laat kom het, het Hy Hom heel eerste na julle, Israeliete, toe gestuur om vir julle tot ’n seën te wees deurdat julle almal van julle verkeerde paaie af omdraai.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3