Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In dié tyd het koning Herodes Agrippa party van dié wat aan die kerk behoort, laat arresteer en hulle mishandel.

2. Hy het Jakobus, die broer van Johannes, met ’n swaard laat vermoor.

3. Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan deur ook Petrus tydens die Fees van die Ongesuurde Brood te laat arresteer.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12