Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 11:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. “’n Tweede keer het ’n stem uit die hemel gereageer: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.’

10. “Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek.

11. Presies op daardie tydstip het drie mans wat van Sesarea af gestuur was, by die huis aangekom waar ons tuis was.

12. Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moet gaan, en dat ek nie moet aarsel omdat hulle nie-Jode is nie. Ek het toe saam met hierdie ses medegelowiges gegaan, en ons het die man wat my laat haal het, se huis binnegegaan.

13. Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het wat vir hom sê: ‘Stuur mense Joppe toe en laat vir Simon met die noemnaam Petrus daar haal.

14. Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy verlos sal word, jy en jou hele huishouding!’

15. “Ek het net begin om die Goeie Nuus aan hulle te vertel, toe kom die Heilige Gees op hulle net soos op ons in die begin.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 11