Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 10:11-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Hy het die hemel oop gesien en iets soos ’n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word en afkom grond toe.

12. In die doek was allerhande diere, reptiele en voëls.

13. ’n Stem sê toe vir hom: “Staan op, Petrus! Slag en eet!”

14. “Nooit nie, Here!” het Petrus gesê. “Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie.”

15. Toe kom die stem weer: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.”

16. Dit het drie keer gebeur. Toe is die doek weer in die hemel opgetrek.

17. Petrus was verdwaas. Wat kon die gesig tog beteken? Juis op daardie stadium kry die mans wat deur Kornelius gestuur is, die huis en hulle staan by die voordeur. Hulle was op soek na die huis van Simon

18. en vra toe of Simon met die noemnaam Petrus daar ’n gas is.

19. Terwyl Petrus nog wonder oor die gesig, het die Gees vir hom gesê: “Hier is drie mans wat jou soek.

20. Gaan ondertoe en moenie huiwer om saam met hulle te gaan nie, want Ék het hulle gestuur.”

21. Petrus het toe ondertoe gegaan en vir die mans gesê: “Hier is ek, dis vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 10