Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Iemand wat in die woord van God onderrig word, moet dié een wat onderrig gee, in alle goeie dinge laat deel.

7. Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai!

8. Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.

9. Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.

10. Terwyl ons die kans het, moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges.

11. Julle sien aan die groot letters ek skryf nou met my eie hand.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6