Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:14-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld.

15. Dis nie belangrik of iemand besny of nie besny is nie, maar dis belangrik of iemand ’n nuwe mens is.

16. Mag God se vrede en ontferming met almal wees wat volgens hierdie beginsel lewe. Húlle is Gód se Israel!

17. Verder moet niemand vir my nóg moeite aandoen nie. Ek dra al klaar die littekens van Jesus aan my liggaam.

18. Broers en susters, mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle gees wees. Amen.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6